Daardie blonde hare, haar blink, blou oë en warm glimlag, en daai perfekte lyf maak van Gwyneth Paltrow 'n beeldskone vrou. Maar sy't ook 'n mooi hart, en dís waarom sy vir ons so mooi is.

  1. Sy is lief vir haar familie.
    Haar man, die Coldplay-sanger Chris Martin, en haar twee kinders, Apple en Moses, is die middel van haar bestaan. Sy het selfs op 'n keer aan InStyle-tydskrif genoem dat sy glad nie spyt is dat sy haar loopbaan vir ma-wees veruil het nie. Gwyneth doen minder werk noudat sy 'n ma is, en aanvaar dikwels net die ondersteunende rolle en nie soseer die hoofrol nie.
  2. Sy's 'n goeie vriendin
    Sy's almal se BFF! Beyoncé en Jay-Z is soos familie en sy hang gereeld saam met Cameron Diaz en haar Iron Man-medester Robert Downey Jr. uit.
  3. Sy's slim en talentvol
    'n Kreatiewe brein ís sexy! Sy't immers die Oscar vir Shakespeare in Love in 1998 gewen. Ook 'n Emmy-, 'n Golden Globe-, en 'n SAG-toekenning. O, en dan is daar die 4 resepteboeke uit haar eie pen.
  4. Sy gee vir Jan-alleman styl
    Sy 'n anti-snob! En gaan kyk beslis op Goop.com, 'n leefstylblog, waar sy modieuse items met die hand vir jou uitkies.
  5. Sy gee terug aan die gemeenskap
    Goop.com
    is beslis nie net vir die neus-in-die-lug-kenners of die met miljoene in hul beursies nie. Dié webblad gee 'n gedeelte van hul wins aan liefdadigheidsorganisasies. Gwyneth is ook 'n ambassadeur vir die Robin Hood-stigting wat armoede in New York beveg.

Bron: www.eonline.com

Moet-lees!

Op jou mooiste: sarie.com se splinternuwe skoonheidsblog

Kyk watter verrassing het Ellen vir Gwyneth gegee! Ha-ha!