Bekende fotograaf Mark Seliger het die smeulende foto van haar geneem vir 'n spesiale juwele-bylae saam met die Augustus-uitgawe van Vanity Fair.

Dié ma van twee is die toonbeeld van 'n gesonde lewenstyl. Haar wekker gaan ses keer per week om 4:30 in die oggende af vir haar daaglikse oefensessie.

Haar kookboek, My Father’s Daughter, het ook pas op die rakke verskyn. Sy deel ’n persoonlike kykie in haar lewe en die noodsaaklikheid van familie, heilsame kos en saamwees.

“My stoof is die hart van my huis – jy sal my nooit ver daarvandaan kry nie en die meeste van die tyd is daar iets vir my familie daarop aan ’t prut.”

Sy dra die boek op aan haar pa, Bruce Paltrow, wie se passie vir kos haar al kleintyd begeester het. Met sowat 150 eenvoudige, gesonde gunsteling-familieresepte, van ontbyt, broodjies en burgers, sop en slaai tot poedings.  

Hopelik sien ons haar in Oktober in Suid-Afrika wanneer die groep, Coldplay, in die land optree! Gwyneth is met die hoofsanger, Chris Martin, getroud. Ons hou julle op die hoogte hiervan!