Gwyneth het gister dié nuus op haar webtuiste, Goop, bekendgemaak. Sy skryf:

Dis met groot hartseer dat ons besluit het dat ons paadjies moet skei. Ons het al vir meer as ’n jaar hard aan ons verhouding gewerk ... Alhoewel ons mekaar baie liefhet, het ons besluit dis beter om aparte lewens te lei.

Ons is en sal altyd ’n gesin wees en in sekere opsigte is ons nader aan mekaar as ooit tevore. Ons is eerstens ouers van twee wonderlike kinders en hoop dat julle hulle privaatheid in dié tyd sal respekteer ...

Liefde Gwyneth & Chris

eybpqzic6uoxyepu

Die paartjie het in 2003 getrou en het twee kinders saam, Apple en Moses. Die afgelope paar maande was daar baie gerugte dat Gwyneth met ander mans uitgaan wat glo die onderwerp van ’n Vanity Fair-artikel sou wees. Daarom het sy glo aan al haar hoë-profiel vriende gesê om nie met dié tydskrif te praat nie.

Gwyneth het in 2013 tydens ’n onderhoud gesê dat die huwelik moeilik is. "Ons het goeie tye en ons gaan deur moeilike tye. Ons is dieselfde as enige ander paartjie."

Gwyneth by Appel (regs) en Moses (links). FOTO: GOOP Gwyneth by Appel (regs) en Moses (links). FOTO: GOOP

Bron: Huffington Post