Slegs 'n dag nadat Berry se woordvoerder haar swangerskap bevestig het, is sy en haar verloofde, Olivier Martinez (47), in New York gesien. 'n Bababoepie was duidelik sigbaar.

Berry en haar vorige kêrel, Gabriel Aubry, het 'n dogter saam. Nahla Ariela is nou 5 jaar oud. 'n Bron het vertel dat sy tans baie goed voel en dat dit 'n opwindende tyd in hul lewens is. Die swangerskap is nie beplan nie, het die bron gesê.

Iemand wat onlangs by dieselfde restaurant as Berry en haar gesin geëet het, het gesê dat die paartjie baie gelukkig en verlief lyk. "Dit maak alles sin, 'n mens kon sien hulle is gelukkig oor iets," het die klant vertel. "Hulle het foto's van Nahla geneem terwyl sy ingekleur het, en heeltyd hande vasgehou."

Klik om 'n foto van Halle te sien.