Robbie was jonk toe hy bekendheid verwerf het as deel van die Britse seunsgroep Take That. En deur sy loopbaan moes hy al twee keer van drank en dwelms gerehabiliteer word. Hy het onlangs gesê dat as Miley aanhou soos wat sy doen, sal sy ook in ’n inrigting beland.

Robbie Williams praat oor die een ding wat sy lewe verander het

"Die wêreld kyk na en praat oor Miley. En die tipe kollig wat nou op haar is, kan haar in ’n rehabilitasie-inrigting laat beland. Dit het ’n negatiewe uitwerking op jou psige. Ek het ’n soortgelyke kollig op my gehad en dit mors met jou - vir ’n lang tyd," sê Robbie.

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

Die 20-jarige Miley het as die Disney-karakter Hannah Montana bekendheid verwerf, maar het eers nadat sy die musiekwêreld betree het werklik ’n celeb geword. Sy is ook die dogter van die country-sanger Billy Ray Cyrus, maar wil sover moontlik op haar eie voete staan.

Miley Cyrus verbreek haar verlowing

Buiten haar eina-klein klere het sy in Augustus suggestief gedans (ge-twerk) met die getroude sanger Robin Thicke by die MTV musiekvideo-toekennings. Sy het ook die afgelope naweek dagga op die verhoog gerook by die Europese musiektoekennings in Amsterdam. Die media het omtrent hieroor gegons.

Robbie glo die aandag wat sy op die oomblik kry, en wat sy self skep, is nadelig. "Sy maak goeie musiek en is ’n mooi meisie. Sy is ’n goeie pop-ster. Maar die kollig is té intens, self vir standvastige mense. Dit is moeilik vir enigiemand om te hanteer, wat nog te sê van iemand wat ’n kinder-ster was ..." waasku hy.

Wat dink jy? Is Miley op die verkeerde pad of is alles net ’n publisiteitsfoefie?

Bron: Bang Showbiz en Contactmusic, Daily Mirror