Dertig jaar gelede het die romantiese komedie When Harry Met Sally in ons rolprentteaters begin draai. Dit was onmiddellik ’n lokettreffer. Die aktrise Meg Ryan, toe een van Hollywood se grootste lieflinge, en Billy Crystal, komediant en latere Oscar-seremoniemeester, was die twee hoofkarakters. Hulle het die rolle vertolk van twee vriende wat verlief raak, Sally Albright en Harry Burns.

’n Toneel uit 'When Harry Met Sally'. FOTO Instagram / The Traveling Gentleman

Die fliek het destyds $92,8 miljoen (meer as R1,2 miljard) by die loket verdien. Die draaiboek deur Nora Ephron is in 1990 by die Oscars as beste draaiboek benoem.

Die afgelope week is Meg en Billy herenig om saam met regisseur Rob Reiner na ’n spesiale vertoning van die fliek te kyk.

HOLLYWOOD, CALIFORNIA - APRIL 11: Meg Ryan and Bil
Meg Ryan en Billy Crystal. FOTO Getty Images / Gallo Images
HOLLYWOOD, CALIFORNIA - APRIL 11: (L-R) Rob Reiner
Rob Reiner (links) , Meg Ryan en Billy Crystal. FOTO Getty Images / Gallo Images

By die geleentheid het Meg kommentaar gelewer op haar en Billy se ongelooflike chemistry in die fliek. "Dis wat die fliek so spesiaal gemaak het. Ek en Billy het geweet hoe om die tipe 'musiek' saam te speel."