Cressida Bonas het glo haar dansloopbaan opsy geskuif om (as ons die Britse media glo) binnekort ’n hertogin soos Kate Middleton te word. Cressida is ’n opgeleide danser (sy het ’n graad in dans aan die universiteit van Leeds behaal), maar gaan nou glo ’n persoonlike assistent wees.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dít sal haar meer tyd gee om aan haar verhouding met Harry te werk én sy was glo skaam nadat van haar dansfoto's in die media uitgelek het.

Koninklike kenners sê dié skuif dui op die rigting waarin hul verhouding beweeg, omdat dit vir die vrou van ’n prins moeilik sal wees om in die openbare oog te wees.

Cressida weier om in die media oor haar verhouding met Harry te praat. Die paleis het ook nog nie kommentaar oor hul verhouding gelewer nie. Dié twee is blykbaar smoorverlief nadat prinses Eugenie hulle 18 maande gelede aan mekaar voorgestel het.

Bron: Hello