Dit was die 27-jarige Amanda wat uit 'n huis in Cleveland in die Amerikaanse staat Ohio ontsnap en hulp gevra het. Tydens haar dramatiese 911-oproep het sy gesê: "Help my. Ek is Amanda Berry. Ek is ontvoer en is al 10 jaar weg ... ek is nou hier, ek is nou vry."

Kim Cloete se stille noodkreet

Daar is ook twee ander vroue in die huis gevind, die 32-jarige Michelle Knight wat net 21 jaar oud was toe sy ontvoer is, en die 23-jarige Gina DeJesus wat as 14-jarige ontvoer is. Amanda het die dag voor haar 17de verjaardag vermis geraak.

Die skoolbusbestuurder Ariel Castro, wat in hegtenis geneem is, het hulle glo ontvoer en aangehou. Hy het onskuldig gepleit op aanklagte van verkragting en ontvoering.

"Ek vergewe jou, Eugene" - jong vrou ontmoet ma se moordenaar

In dié hartroerende video bedank hulle die mense van Cleveland vir hul volgehoue ondersteuning: