Meng en pas dit om die lente heeljaar in jou huis vas te hou. Wat, byvoorbeeld, van 'n paar nuwe strooikussings om daardie vaal stoel of bank nuut en vars te maak? Eenkleur-ottomans maak deesdae selfs plek vir blompatrone (vergeet van nagemaakte koeivel!). Hierdie kussings kom van Mr Price Home, R119,99 elk.