Heidi se ouerskapsbenadering is baie anders as wat ons gedink het. Sy het onlangs in ’n onderhoud met OK! Magazine gesê dat sy haar kinders verbied om te veel televisie te kyk. "Ek is baie oudmodies wat dít betref. Ek voel tegnologie is besig om alles oor te neem!"

Sy wil eerder hê haar kinders moet buite speel en handwerk doen. "Toe ons klein was, het ons heeltyd buite gespeel en as ons nie iets gehad het om te doen nie, het ons aan iets gedink om ons mee besig te hou," het dié Duitse model gesê.

Heidi en haar eksman, die sanger Seal, is in Mei 2005 op ’n strand in Mexiko getroud. Hulle het drie kinders saam, Henry (8), Johan (6) en Lou (4). Leni, Heidi se oudste dogter (9), is uit 'n vorige verhouding. Heidi en Seal is verlede jaar geskei.

Heidi Klum verwyder Seal-tatoeëermerk

Heidi het verlede jaar haar eie babareeks, Truly Scrumptious, bekend gestel. Dis in Babies "R" Us-winkels beskikbaar. Sy het ook onlangs tydens die Kids Fashion Week in New York 'n modeparade met dié reeks gehad, waar die kinder-modelle sommer op die loopplank gespeel het! Hulle het snaaks en vrolik aangetrek en hul gesigte laat verf, elkeen met ’n balon-hoed op die kop.

Bron: OK! Magazine