En binnekort kan jy soos sy ruik. Sy is al maande lank besig om haar eksklusiewe geur, Shine, in samewerking met Coty Inc. te ontwikkel. "Om te sien hoe al die dele van so 'n projek uiteindelik bymekaarkom is ongelooflik!" het sy aan die tydskrif People gesê. Die parfuum sal later vanjaar beskikbaar wees.