Heidi Klum en haar voormalige lyfwag, die aantreklike Martin Kristen, het verlede jaar September hul verhouding bevestig nadat Heidi en Seal hul huwelik van 7 jaar beëindig het. Heidi en Martin het onlangs in die publiek verskyn met ringe aan hul ringvingers.

Die ringe is aan hul regterhande, en Heidi hou vol dié ringe, wat deel uitmaak van 'n stel van die luukse juweliershuis Tiffany's & Co., was net 'n geskenk van Martin af en beteken niks.

Heidi het in 'n onderhoud met omg! Insider gesê sy gaan nie vinnig weer in 'n huwelik inspring nie. "Ek is gelukkig. Dit is altyd moeilik om 'n maat te vind, en dit is moeilik om aan die begin te oordeel of die verhouding gaan hou."

Heidi Klum

Foto: Kyk die ring aan Heidi se vinger!

Martin het grotendeels nog uit die media probeer bly sedert hul verhouding aangekondig is. Hy word dikwels langs die sportveld gesien waar hy saam met Heidi haar kinders aanmoedig. Die paartjie het ook al saam met die kinders gaan vakansie hou.

Martin was Heidi se lyfwag vir 4 jaar voordat hulle begin uitgaan het. Ons wonder of dié troue (as hulle besluit om te trou) in Suid-Afrika gaan plaasvind...