Heinz en Alétte Winckler het vroeër vanjaar aangekondig dat hulle baba nommer 3 verwag, en gister het hulle hul bulletjie se naam bekendgemaak.  Heinz en Alétte is reeds die trotse ouers van die pragtige seuntjies, Lian (3) en Simeon (1). Heinz het gister dié sonogram op sy Facebook-blad geplaas. Dié bulletjie gaan Reuben Jacques Winckler gedoop word.

FOTO: Facebook

Aletté het die nuus van hul swangerskap in Julie op Twitter aangekondig saam met ’n oulike swangerskapsaankondiging:

“Die klein (onbeplande) wonderwerk kom presies op die regte tyd …” Die ouderdomsverskil tussen Lian, Simeon en die nuwe baba is presies dieselfde.

* Lees Aletté-Johanni se blogs op SARIE.com hier.