Hy het met sy jongste seuntjie Simeon gespeel toe dié sy vinger per ongeluk in sy pa se oog gedruk het. Heinz het aanvanklik gedink dit is niks ernstig nie en was later die dag op pad om by 'n vriend se troue op Chrissiesmeer te gaan sing. Toe die besering nie beter word nie, is hy Sondagoggend na die Olivedale-kliniek, waar die wond as 'n sny op sy kornea geïdentifiseer is. Hy kon egter eers vanoggend by 'n oogarts uitkom wat hom behandel met 'n pleister op sy oog – byna soos 'n kontaklens. Na twee dae van oogklap dra, herstel Heinz goed. Natuurlik ook te danke aan sy vrou, Aletté, sy beste verpleegster. Heinz het sy ondersteuners op sy Facebookblad bedank vir al hul boodskappe die afgelope naweek: "Dankie vir al die boodskappe oor my beseerde oog oor die naweek - waardeer dit."