Sy naam is Heath Herman Pretorius, en hy is na Henré se oorlede broer vernoem. Henré, wat die rol van Reinhardt Bekker in die kykNET-reeks Getroud met rugby speel, is in die wolke! "Ons is baie bly dat hy gesond is. Hy is baie stiller en soeter as sy boetie wat nou twee is, so hopelik kry ons 'n bietjie meer slaap," het hy by navraag gesê.
Net ná die geboorte het Henré getwiet: "Ek het vergeet hoe ongelooflik die wonder van geboorte is. Ek word herinner aan die feit dat daar iets groter as ons is." Heath Herman Pretorius