Maar het jy geweet hy het 'n 24-jarige seun, Patrick, wat nou in sy akteur-voetspore volg? Die aantreklike knaap het al in vyf rolprente verskyn. Die mees onlangse was Midnight Sun, 'n romantiese drama waarin hy die hoofrol vertolk het. 

FOTO Instagram/ Patrick Schwarzenegger
FOTO Instagram/ Patrick Schwarzenegger
FOTO Instagram/ Patrick Schwarzenegger

Kyk die lokprent van Midnight Sun hier:

Patrick het 'n ewe pragtige suster, Katherine (28), wat glo met die Hollywood-ster Chris Pratt uitgaan. Sy is 'n skrywer met twee selfhelpboeke en 'n kinderboek agter haar naam.

FOTO Instagram/ Katherine Schwarzenegger
FOTO Instagram/ Katherine Schwarzenegger