Albei is bekendes in Hollywood: die broers Chris (35) en Liam Hemsworth (29). Met hul sexy Aussie aksent maak hulle aanhangers se knieë lam en hulle slaan gereeld groot rolle los. Albei is ongelukkig reeds getroud - Chris met die Spaanse aktrise Elsa Pataky en Liam so pas met die Amerikaanse sangeres Miley Cyrus.

Luke Hemsworth en sy vrou, Samantha. FOTO Instagram / Samantha Hemsworth
Liam Hemsworth en sy sanger-vrou, Miley Cyrus. FOTO Instagram / Liam Hemsworth

Maar hulle het ook ’n ouer broer, Luke (39). Hy is dalk minder bekend, maar ook ’n Hollywood-akteur. Nadat hy in ’n paar episodes van die Australiese sepie Neighbours verskyn het, was hy ook in die HBO-reeks Westworld te sien. En hy is aantreklik!

Maar hy is ook getroud. Hy en die Aussie Samantha is al sedert 2007 getroud en het vier kinders, Holly (10) Ella (9), Harper Rose (7) en Alexandre (6).

Luke Hemsworth en sy vrou, Samantha. FOTO Instagram / Samantha Hemsworth

Hoewel hulle harte aan drie gelukkige vroue hoort, kan die wêreld steeds hul talent en sjarme waardeer.

Liam Hemsworth en Luke Hemsworth FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
Chris Hemsworth en Luke Hemsworth FOTO Getty Images / Gallo Images
Het jy geweet Chris en Liam Hemsworth het 'n ouer
FOTO Getty Images / Gallo Images