Hy was die koning van rock 'n roll. Met sy diep stem, broeiende oë en swaaiende heupe het Elvis Presley die knieë lam gemaak. Maar op 16 Augustus 1977 is hy tragies by sy geliefde Graceland-herehuis oorlede. Hy was net 42 jaar oud.

Elvis Presley saam met sy eks, Priscilla, en dogter, Lisa Marie. FOTO Getty Images / Gallo Images

Elvis het 'n negejarige dogter, Lisa Marie, agtergelaat. Lisa Marie is nou 50 en ma van vier kinders: 'n dogter, Danielle Riley (29), seun, Benjamin (25) en 10-jarige tweelingdogters, Harper en Finley.

Danielle Riley is 'n model en aktrise. Riley, soos wat sy in Hollywood bekend staan, het rolle in Mad Max: Fury Road (2015), American Honey (2016) en Under the Silver Lake (2018) gehad.  

Sy trek beslis na haar beroemde oupa, wat self in minstens 32 Hollywood-flieks gespeel het. Is dit daai oë wat ons laat dubbel kyk?

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Riley is in 2015 met die Australiese waagarties Ben Smith-Petersen getroud. Hulle het in Namibië op die stel van Mad Max ontmoet.

FOTO Getty Images / Gallo Images