Die aantreklike Ierse akteur Pierce Brosnan het eens sy lyf 007 gehou. Nou op 65 speel hy graag in ligte rolprente soos die ABBA-flieks Mamma Mia! en Mamma Mia! Here We Go Again.

LONDON, ENGLAND - JULY 16: Pierce Brosnan attends
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Pierce is die trotse pa van vyf kinders, Christopher, Charlotte, Sean, Dylan en Paris. Twee van die vyf, Christopher en Charlotte, het hy aangeneem. Hulle was sy eerste vrou, Cassandra Harris, se kinders. Saam het die paartjie net een seun, Sean.

In 1991 moes Pierce tragies, ná ’n huwelik van 11 jaar, afskeid van Cassandra neem. Die Australiese aktrise het haar stryd met eierstok-kanker verloor.

Pierce is eers weer tien jaar later, in 2001, met die joernalis Keely Shaye Smith getroud. Die paartjie het twee seuns, Dylan en Paris.

Dis veral sy jongste seun, Paris (17), wat die kollig steel.

Pierce saam met sy jongste, Paris. FOTO Instagram/ Pierce Brosnan

Op 17 is hy ’n model, wat reeds vir groot name soos Ralph Lauren op die loopplank gestap het. Paris het beslis trekke van sy aantreklike pa. 

FOTO Instagram/ Paris Brosnan
FOTO Instagram/ Paris Brosnan
FOTO Instagram/ Paris Brosnan
FOTO Instagram/ Paris Brosnan
FOTO Instagram/ Paris Brosnan