Oor die naweek het ’n bekende popsangeres verloof geraak, ’n country-ster is getroud en ’n Oscar-wenner het sy hart teenoor Oprah oopgemaak. 

1. Katy Perry spog met reuse-robyn

Die Amerikaanse popsangeres Katy Perry en Britse akteur Orlando Bloom is verloof. Orlando het die groot vraag glo op Valentynsdag gevra. Katy het ’n kiekie van haar en Orlando op Instagram gedeel waarop die ring duidelik gesien kan word. Die ring kos glo ’n stewige $5 miljoen (sowat R70 miljoen) en bestaan uit ’n robyn met diamante reg rondom. Aanhangers het gou daarop gewys dat Orlando in 2010 ’n soortgelyke ring vir sy eks-vrou, Miranda Kerr, gegee het, berig Stuff

View this post on Instagram

full bloom

A post shared by KATY PERRY (@katyperry) on

2. Country-ster trou met polisieman

Miranda Lambert, gewilde country-sangeres wat voorheen met The Voice-afrigter Blake Sheldon getroud was, is oor die naweek weer getroud, maar dié keer in die geheim. Die gelukkige man is Brendan McLoughlin, ’n polisieman van New York wat ook die pa van haar drie maande oue baba is. 

Sy het pragtige foto’s op haar Instagram-blad gedeel:

3. Bradley Cooper maak hart teenoor Oprah oop

Bradley Cooper, bekroonde akteur wie se debuut as regisseur, A Star is Born, vanjaar vir talle Oscars benoem is, het onlangs in ’n onderhoud met Oprah Winfrey oor sy pa se dood oopgemaak. Sy pa het in 2011 sy stryd met longkanker verloor. "Ek het sedertdien nooit weer dieselfde na die lewe gekyk nie ... Ek het anders begin leef," vertel Bradley, wie se pa in sy arms gesterf het. Hy en sy lewensmaat, die Russiese model Irina Shayk, het in 2017 hul eersteling, Lea, verwelkom.