Daar's baie grappe oor die legendariese Chuck Norris. Soos het jy gehoor dat Chuck Norris se trane ernstige siektes kan genees, dis net jammer dat hy nog nooit gehuil het nie. Of dat Chuck Norris vir Ellen Degeneres weer in mans laat belangstel? Maar alle grappe is vir eers op ’n stokkie nadat Norris, wat in die TV-reeks Walker, Texas Ranger gespeel het nou werklik ’n Texas Ranger geword het. Die sogenaamde Lone Star-staat het aan hom dié ere-titel toegeken. Die seremonie waarin die 70-jarige Norris vereer gaan word met ’n ere-Rangers skild, gaan in Dallas plaasvind. 

Bron: imdb.com