Die Rock daai lyfie-sanger Nicholis Louw is nou nie net meer ’n sanger nie, hy geniet ook die lewe in vyfde rat as ’n renjaer. SARIE.com gesels met hom oor dié nuwe passie.

Nicholis, wat onlangs verloof geraak het aan Denise Shrewsbury, wou nog altyd ’n renjaer gewees het en dié droom het nou waar geword. Einde 2012 is hy as deel van ’n liefdadigheidsgeleentheid deur Liqui Moly (’n maatskappy wat onder meer motorolie vervaardig en hul eie renmotors maak) gevra om een van die bekendes te wees wat hul motors bestuur.

En Nicholis sê dié maatskappy kon vinnig sien dat renjaag ’n groot droom van hom is. "Hulle het daar agtergekom dat ek heeltemal in ’n ander dier verander op die renbaan," sê Nicholis. Ná maande se voorbereiding het hy vanjaar op 22 Maart vir die eerste keer gejaag.

’n (Gevaarlike) rush

"Om te race is ’n fantasiese gevoel wat jy nie in woorde kan verduidelik nie. Dis ’n rush wat jou so oorneem dat daar net een ding bestaan vir daardie paar oomblikke - en dit is om voor te kom!"

FOTO: Facebook FOTO: Facebook

Die 34-jarige sanger sê die senuwees pak hom nie beet vóór ’n resies nie. "Ek fokus my opgewondenheid op die volgende oomblikke en al die konsentrasie wat dít verg." Verder oefen hy op die bepaalde oefendae of boek die baan uit en bespreek die fynere detail met ’n afrigter. Hy wil ook die gesig van resies in Suid-Afrika verander deur dit meer te maak "soos wat dit in die flieks is". Daarom gaan hy by van die wedrenne optree.

En die gevare is legio. Volgens Nicholis is die wegspring die moeilikste én gevaarlikste. "Almal verander in hooligans en die ouens ry selfs oor mekaar se karre en eindig heel gereeld in die lug op, en land letterlik bo-op ander karre. Dit was vir my verbasend om te sien hoe hulle hul motors letterlik soos wapens gebruik!"

’n Troue, resies én musiek

En wat sê sy toekomstige vrou, Denise, van dié nuwe passie? "Denise ondersteun my fantasties, hoewel ek glo dit bietjie stresvol vir haar moet wees. Sy is regtig net die beste!" Nicholis en Denise langs die renbaan FOTO: Facebook Nicholis en Denise langs die renbaan
FOTO: Facebook Hul trouplanne vorder ook goed. "Die lekkerste deel van die beplanning is die kameraadskap tussen ons. Dit bring ons net nóg nader aan mekaar!"

Ek dink my troudag met die mooiste en beste mens in die wêreld gaan die res van my jaar nogal vaal laat voorkom!

Maar moenie dink jy gaan minder van Nicholis hoor nie. "Die wedren-seisoen word ’n jaar vooruit beplan, dus is die datums vooruit vas. Daarom kan ek my sangtoere daarvolgens beplan."

"Dis vir my ’n fantasiese geleentheid om my kop skoon te kry, en ek dink dis baie gesond om verskeie rigtings te neem sodat jy nie vasgevang raak in een denkrigting nie!"

Nóg hoogtepunte vir Nicholis in 2014

  • Sy nuwe album, wat volgens hom sy beste nóg is
  • Sy volgende resies is 12 April by Red Star Raceway, waar hy ook gaan optree
  • Groot sangtoere (hou die media dop vir datums)
  • Hy tree ook vanjaar weer op in die Krone-vertoning (’n vertoning met Kurt Darren, Snotkop, Heinz Winckler en Ray Dylan)

Nóg artikels oor Nicholis

Nicholis verloof aan sy Denise - lees meer hier

Nicholis se foto-album

Nicholis Louw: "Vat my soos ek is!"

Moet-hoor! Nuwe SHOUT-liedjie met o.a. Kurt, Elvis, Nicholis

Wat sê Andriëtte oor Nicholis? Lees hier