Dit is ’n eerste vir die Spaanse koninklikes: ’n lid van dié familie is beveel om voor ’n regter te getuig.

Die 47-jarige Cristina word by ’n korrupsie-saak betrek waarby haar man betrokke is. Sy is die jongste dogter van koning Juan Carlos van Spanje.

Die regter beweer blykbaar dat sy weet van haar man, Inaki Urdangarin, se onwettighede.

Hy het na bewering belastingbedrog gepleeg én €6 miljoen (R71 miljoen) se staatsgeld verduister toe hy die hoof van ’n liefdadigheidsorganisasie was.   

Die prinses sal op 27 April in die hof verskyn.

Hierdie bewering kom nie op ’n goeie tyd vir Spanje nie, wat te midde van die ekonomiese krisis swaarkry. Die inwoners word toenemend negatief met dié koninklikes wat steeds in weelde leef terwyl hulle swaarkry.

Bron: Reuters

HIERONDER is 'n video wat dié saak van nader bekyk: