En dis presies wat Corné, wat haar 7de Laan-rol as 21-jarige losgeslaan het, glo.

Maar het jy geweet dié aktrise kan ook sing? Sy het vir ons joernalis Gloria Cilliers meer hieroor vertel.

As kind was Corné eintlik skaam. “Ek was baie selfbewus. ’n Gróót introvert. In preprimêr as die juffrou gesê het ‘kom ons spring ’n bietjie op en dans’, dan sou ek dink: ‘Ag nee, how embarrassing’.”

Danksy die aanmoediging van haar ouers om haarself uit te daag, het sy later aan die Hoërskool D.F. Malan in Bellville koor gesing, aan debats- en redenaarskompetisies  deelgeneem en in revues opgetree. Sy en Hildegardt Whites (Bonita) deel ’n passie vir musiek en het dadelik [op die 7de Laan-stel] gekliek. Saam het hulle vanjaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgetree in die kabaret Salmon & Snoek, wat deur Diaan Lawrenson vervaardig is. En in Desember gaan hulle landwyd met dié produksie op toer. Corné is mal oor sing en is die voorsanger is van Paper Plane City, wat naweke by restaurante en troues optree. Sy wil ook haar musiekloopbaan verder neem. En met haar go-getter-houding kan dit nie anders nie.

Ek sal dit wat ek wil bereik, máák gebeur. Ek werk mos met ’n plan.

-Corné Crous

Ons het dié video van ’n informele optrede van Paper Plane City op YouTube opgespoor. Hoor net hoe sing Corné!

september corne crous corné kim 7de laan

Lees die volledige onderhoud met Corné in die September-uitgawe van SARIE. Sy gesels ook oor haar kêrel, Brad én die 7de Laan-familie.