Omtrent so vinnig soos die foto van #thedress versprei het, versprei dié Twitter-foto van Chelsea Smith waarin sy wys hoe jy eintlik jou oorbelle moet dra. Chelsea het gister dié foto gedeel en gesê sy het nou eers besef dat sy haar oorbelle nog haar hele lewe lank verkeerd dra. Jy is veronderstel om die plastiekplaatjie te verwyder.

Ander Twitter-gebruikers stem nie saam nie en sê weer dié plastiek moet aan die oorbel bly.

Bron: Today.com