Dis welbekend dat Kylie Jenner, jongste sus in die Kardashian-Jenner-familie, skatryk is danksy haar Kylie Cosmetics-grimeerreeks.

Maar haar twee ouer halfsussies, Kim en Khloé Kardashian, het ook elk hul eie grimeerreeks. Onlangs het Khloé ’n nuwe reeks in samewerking met Becca Cosmetics bekendgestel.

Natuurlik moes Khloé se skattige nege maande oue dogtertjie, True Thompson, die grimering uittoets. Dit lyk of sy heel tevrede is met die gehalte. 

Haar ma het die kostelike oomblik op Instagram gedeel. Die foto’s het miljoene likes gekry.