Van akteurs en musikante tot koninklikes. Hierdie duur verloofringe is byna net so beroemd soos die paartjies wat dit verbind het! 


Richard Burton aan Elizabeth Taylor


Richard Burton se verloofring aan Elizabeth Taylor in 1964 is so ikonies en uitspattig soos die paartjie self. Die "Krupp-diamant" van 33 karaat is later hernoem na die Elizabeth Taylor-diamant.


FOTO: Getty Images / William Lovelace / Stringer
FOTO: Getty Images / Ron Galella / Contributor
FOTO: Getty Images / Express Newspapers / Staff

John F. Kennedy aan Jacqueline Kennedy


Die Amerikaanse president het vir Jacqueline bederf met ’n unieke verloofring toe hulle in 1953 verloof raak. Dit is ’n geelgoudring met ’n diamant van 2.88 karaat en ’n smarag van 2.84 karaat, asook klein diamante met ’n gesamentlike waarde van 2.12 karaat. 


Die unieke verloofring. FOTO: Getty Images / Boston Globe
Jackie en John op hulle troudag in 1953. FOTO: Getty Images / Bettman


Frank Sinatra aan Mia Farrow


Die 50-jarige Frank Sinatra het in 1966 vir die 21-jarige Mia Farrow gevra om te trou met 'n pragtige "Marquise"-geslypte diamantring van 9 karaat. Ongelukkig het die huwelik net twee jaar gehou, maar die ring is onvergeetlik. 


Mia Farrow se verloofring. FOTO: Getty Images / Bettmann
Mia Farrow en Frank Sinatra op hulle troudag in 1966. FOTO: Getty Images

Prins Charles aan Diana Spencer & prins William aan Kate Middleton


Kate Middleton se verloofring is seker die mees ikoniese ring op die lys. Haar oorlede skoonma Diana het byna twee dekades voor haar ook die ring gedra. Die 18-karaat-witgoudring het ’n kenmerkende blou saffier van 12 karaat wat omring is deur diamante.


Die ikoniese erfstuk en verloofring. FOTO: Getty Images / Mark Cuthbert
Links: Diana en Charles raak verloof. Regs: Kate en William. FOTO'S: Getty Images / Royal Palace


Kanye West aan Kim Kardashian 


Kim Kardashian en Kanye West is lief vir die blink goed in die lewe, en sy verloofring aan haar het dit weerspieël. Kanye het in 2013 vir Kim gevra om te trou met ’n diamant van 20 karaat. Die ring is ongelukkig in 2016 in Parys gesteel.


Kim Kardashian se verloofring. FOTO: Getty Images / Jason LaVeris
Kanye en Kim Kardashian. FOTO: Getty Images / C. Flaningan


Prins Rainier III aan Grace Kelly


Prins Rainier van Monaco se verloofring aan Grace Kelly in 1955 is ikonies en tydloos. Die smaragvormige diamant van 10 karaat is vandag ’n gesogte snit.


Prinses Grace en prins Rainier van Monaco. FOTO: Getty Images / Bettmann


Watter een van hierdie ringe is vir jou die mooiste? En is daar nog 'n ring wat ons by hierdie lys moet voeg?