’n Unieke veldtog is begin om die inspirasievroue in ons gemeenskappe te ondersteun en vier. MenaCal.7™, ’n kalsiumaanvulling-handelsnaam, wil deur hul #WomanToTheBone-veldtog wys hoe sterk Suid-Afrikaanse vroue is – in murg en been.

Die Engelse frase “to the bone” en Afrikaanse ekwivalent “in murg en been” beteken geheel en al, deur en deur, volledig. En dís hoe inspirasievroue se toewyding aan hul gesin en gemeenskap beskryf kan word. En dikwels is dit ongeag hul persoonlike omstandighede en gesondheid.

MenaCal.7™ wil nie net seker maak dat vroue die kalsium inkry om hul sterk en gesond te maak nie. Hulle wil hulle ook ondersteun in die onvervangbare rol wat hulle in ons samelewing speel. Vir elke MenaCal.7™ Bone Health-produk wat verkoop word, word R2 geskenk aan The Clothing Bank, ’n organisasie sonder winsoogmerk wat werklose vroue oplei en ondersteun.

Dís ook waarom die #WomanToTheBone-veldtog geloods is. Dié kompetisie wil seker maak vroue word bemagtig om hindernisse te oorkom. Drie inspirasievroue gaan elk R20 000 WEN om haar in haar werk en strewe te ondersteun.

Suid-Afrika het vroue genomineer, en nou is die finaliste aangekondig op MenaCal.7™se webtuiste. Die inskrywings sluit honderde vroue in wat daagliks ’n verskil maak in hulle gesinne en gemeenskap. Daar’s ’n jong student waar haarself beywer om bewustheid te kweek oor geestesiektes, ’n vrou wat elke dag kos aan meer as 150 kinders voorsien en ’n dokter wat gratis gespesialiseerde dienste aan minderbevoorregte pasiënte bied.

Besoek MenaCal.7™ se webtuiste www.menacal7.co.za of www.womantothebone.co.za en word geïnspireer deur die finaliste se verhale. 

Hierdie ongeregistreerde medisyne is nie deur SAHPRA geëvalueer vir sy gehalte, veiligheid of beoogde gebruik nie.