Haar dieetsukses is te danke is aan ’n baie streng dieet en oefening, het sy gesê.

Ná ’n moeilike swangerskap met erge edeem (die ophoping van vloeistof) wat ook na haar bene versprei het, het sy erken sy het gedink sy sou nooit weer soos voorheen lyk nie.

Dit het lank geneem om dié watermassa te verloor. Mariah het met die Jenny Diet Plan begin en eers meestal oortollige water verloor. Sy sê om met soveel water rond te loop maak alledaagse take baie moeilik.

Sy wil die boodskap oordra dat dit nie gaan oor hoe jy lyk nie, maar oor hoe gesond jy is. Sy is ook nou die woordvoerder van die Jenny Diet Plan.

Omdat sy ’n keisersnee gehad het, kon Mariah aanvanklik nie oefen nie. Haar eetplan het omtrent 90% van die gewigverlies tot gevolg gehad. Toe sy sterker was, het sy wel ook geoefen deur met haar honde te gaan stap of draf of oefeninge in die see te doen.

Mariah se raad aan ander wat wil gewig verloor:

  • Eet gereeld, anders vertraag jy jou metabolisme.
  • Moenie jouself weeg nie, meet jou lyf aan jou klere, want jy gaan net teleurgesteld wees as die skaal nie wys wat jy wil sien nie!