Verbeel jou 'n seiljag gemaak van sjokolade. Net sjokolade. Dis die waarheid, gaan kyk by die port van Concarneau. Kyk, die Franse is nie verniet bekend vir hulle goeie smaak nie...

Sjoklatier, Georges Larnicol, het 'n weddenskap aangegaan en met sy tweede probeerslag geslaag om sy boot uit sjokolade te laat dryf vir sowat 90 minute, berig funnylobby.com Die boot was 3.5 m in lengte en het 1200kg geweeg. En voor jy eers dink aan al die sjokolade wat gemors is, wees gerus dat hierdie droom-boot uit herwinde sjokolade gemaak is, of dan nou sjokolade wat reeds verval het. Bateau Chocolat II, wat sjokolade-boot in Frans beteken, het het 'n suiker-raamwerk. Die res is uit pure sjokolade gemaak. Dit het Larnicol en sy span sowat 400 uur geneem om die sjokolade boot te bou. Die boot kon met sy elektriese motor 'n topspoed van 15 km/h bereik.

Larnicol het belowe om in 2012 nog 'n sjokolade boot te bou hierdie keer 12m in lengte en uit sowat 6-8 ton se sjokolade.