Hoe lyk jou Desember-vakansie?
Ons gesin kamp al ?14 jaar om Kerstyd op Hartenbos, in ’n woonwa en ’n tent wat my pa gedurig opknap. Dis só lekker! Die mense wat ek oorsee leer ken het, kan glad nie verstaan hoe ons Desember langs die see kan deurbring nie... Oukersaand sing ons saam met ander vakansiegangers Kersliedere by kerslig in die amfiteater. Ek is mal daaroor!

En Kersdag?
My oupa bly op Heidelberg en gewoonlik kom die hele familie daar bymekaar. Ons gaan kerk toe, en daarna eet ons lekker saam.

En die geskenke?
Ons gee vir mekaar op Kersdag klein geskenkies. Almal bly ver, en die feit dat ons saam is, beteken meer ?as enige geskenk.