Is Valentynsdag net rooi harte, of is die betekenis van dié dag so effe aan’t verander?

14 Februarie, Valentynsdag.

Dié dag waarop die liefde die wêreld oor met fanfare en blomme en ballonne, liefdeskaartjies, geskenke en kersligetes gevier word. Die dag is rooi, soos in roses are red, en is naas Kersfees die grootste koopdag van die jaar. Winkels neem Valentynsdag ernstig op; ons ook.

Aanlyn inkopies is internasionaal ’n groeiende tendens, maar as dit by die liefde kom, wys ’n 2015-studie (die Mastercard Love Index) in 200 lande, kies ons graag geskenke vir geliefdes met die hand uit. En in Suid-Afrika bly kos die pad na ’n geliefde se hart – 80% van verliefde paartjies vier die dag hier met ’n spesiale ete.

Tog, praat ons oor liefde, is die wêreld ook aan’t verander, sê kenners. Millenniërs ervaar die dag ál minder as een vir net romantiese liefde, en allermins as die dag om die groot vraag te vra. Dis daar om ’n bietjie pret te hê en eerder snaakse nie-heeltemal-gereed-vir-die-liefde-boodskappe te stuur, soos “You meme a lot to me”. Wat wel al hoe meer op dié dag gevier word, is vriendskap. Dalk soos violets are blue? Blou, wat juis die simbool is van goeie kommunikasie, omgee, lojaliteit en ’n vriend in goeie en minder goeie tye.

Dít maak ons opgewonde!

Bronne: trendcurve.com, www.timeslive.co.za

Lees nou

Moenie dat geldsake jou verhouding bederf nie

‘Danksy SARIE vind ek ware liefde’ – leser vertel

Praat meer, skei minder – sê ons prokureurs