Emma Stone (23) was nog altyd 'gewone-meisie-mooi', 'n styl-ikoon en veral vernuftig met komiese rolle. Oorgewig was sy nog nooit, maar tydens haar wêreldwye media-reis saam met haar The Amazing Spider-Man-medespeler en kêrel, Andrew Garfield (29), was dit duidelik dat sy baie gewig verloor het.

Maar dis veral die mees onlangse foto's van haar saam met Andrew op 'n Malibu-strand wat wenkbroue nou behoorlik laat lig. Haar dun bene en kwynende middellyf hou skaars die kort denimbroekie om haar heupe.

In 'n onderhoud met S magazine vroeër vanjaar is dit duidelik dat sy, soos talle ander, sukkel met 'n gesonde uitkyk oor haar lyf en haar eetgewoontes. Sy't stellings kwytgeraak soos “I do have that thing of, ‘I’m disgusting – I ate a huge Wagamama lunch, the whole yaki soba, and I feel so fat.’ Sy erken sy hou van eet (en het gewig opgetel op die stel van The Help), maar voel dan skuldig daarna. Hierdie negatiewe sienings oor haar lyf is op 'n paar blogs gekritiseer.

Ons hoop sy het gewig verloor vir 'n volgende rol, omdat sy verlief is of dalk vir haar trourok.

* Só smeul sy in 'n nuwe fotosessie vir die tydskrif Interview.