Jennifer Aniston is 'n tipiese 'Helen van Troje' vir tydskrifte – haar gesig op die voorblad verkoop duisende eksemplare. Maar die redakteur van Britse Vogue, Alexandra Shulman, weier volstrek om Jennifer Aniston op die voorblad van dié gesaghebbende tydskrif te plaas omdat sy aandring om die voorblad én elke woord in haar voorblad-artikel goed te keur.

Shulman stem eenvoudig nie hiermee saam nie. Volgens haar het bekendes soos Aniston heeltemal te veel mag. 'n Waaghalsige besluit? Jennifer het verlede jaar gesorg vir rekord verkope vir Marie Claire asook 'n styging van 22% in verkope vir Harper's Bazaar in 2010.

Wat dink jy?