Eers het die superster Cher in die ABBA-musiekblyspel Mamma Mia 2: Here We Go Again verskyn en nou gaan sy 'n album vrystel propvol treffers van dié legendariese Sweedse popgroep.

Cher se weergawe van die gewilde ABBA-lied "Fernando" het reeds groot lof van kritici ontvang én dis geen wonder sy het toe besluit om sommer 'n vollengte album vry te stel nie.

Dit 72-jarige diva was glo nog altyd 'n aanhanger van ABBA.

"Die liedjies was moeiliker om te sing as wat ek gedink het... Ek's regtig opgewonde vir mense om dit te hoor! Dis die perfekte tyd," het Cher gesê, berig Good Housekeeping.