Die silwervos George Clooney was 55 toe sy tweeling, Alexander en Ella, gebore is. Nou is dit nog 'n Amerikaanse akteur se beurt om op 54 die eerste keer pa te word. John Stamos en sy vrou, Caitlin McHugh, se eerstelingseuntjie is onlangs gebore. 

Die seuntjie is vernoem na John se ontslape pa, Billy. 

"Van nou af sal die beste deel van my altyd my vrou en my seun wees," het John op Instagram geskryf.

John en Caitlin, 'n aktrise en model, is in Februarie getroud en het hul wittebrood by Disney World gehou.

Johan is veral bekend vir sy rol as Jesse Katsopolis in Full House. Hy was die geliefde oom van die drie Tanner-sussies in dié reeks uit die 90's.

This is the longest 9 months of my life! #cantwait 4 #fatherhood

A post shared by John Stamos (@johnstamos) on

Hier deel John 'n foto van sy pa by hom kort ná sy geboorte.

Can’t wait to look at my baby like this. #BillStamos #OrdinaryHero

A post shared by John Stamos (@johnstamos) on