Helen vertolk die rol van Jock se ma, Jess, berig filmcontact.com.

Jock word plaaslik vervaardig en dit sal na verwagting laat in Julie vanjaar in teaters te sien wees.

Ander groot name in die fliek is emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, die Kanadese sanger Bryan Adams en sir Tim Rice, wat die meeste van die lirieke vir die liedjies geskryf. Donald Sutherland van Dirty Sexy Money-faam is die storieverteller.

Bryan Adams was toevallig by emeritus-aartsbiskop Tutu toe die regisseur die projek aan hom voorgestel het en hy het sommer net daar voorgestel dat Bryan ook betrek word. Sy betrokkenheid het weer ander sterre soos Helen Hunt aan boord gekry.

Die laaste afrondingswerk aan die prent word in Amerika gedoen, maar dis in SA deur 24 kunstenaars beplan en aanmekaargesit. Johnny Clegg se musikale invloed is ook in die in die fliek te hoor.