Die sterre in Hollywood vind dikwels hul aanstaande op die stel van films en TV-reekse. Vir die kykers by die huis maak dit die liefdesverhaal op skerm net nog mooier wanneer die verliefde karakters later as paartjie op die rooi tapyt verskyn.

Hierdie bekende paartjies het mekaar op stel ontmoet:

TORONTO, ON - SEPTEMBER 07: Actors Eva Mendes and
Rami Malek en Lucy Boynton FOTO Getty Images / Gallo Images

Rami Malek en Lucy Boynton

In 2018 se Bohemian Rhapsody speel Rami en Lucy teenoor mekaar as Freddie Mercury en sy eerste liefde, Mary Austin. Vanjaar verskyn hulle op die rooi tapyt as ’n amptelike paartjie!

TORONTO, ON - SEPTEMBER 07: Actors Eva Mendes and
Miley Cyrus en Liam Hemsworth FOTO Getty Images / Gallo Images

Miley Cyrus en Liam Hemsworth

Die pasgetroude paartjie het mekaar in 2009 op die stel van Last Song ontmoet. Tien jaar en twee verlowings later het hulle vanjaar ewige trou aan mekaar beloof.

TORONTO, ON - SEPTEMBER 07: Actors Eva Mendes and
Blake Lively en Ryan Renolds FOTO Getty Images / Gallo Images

Blake Lively en Ryan Reynolds

Die glanspaartjie het in 2012 afgehaak en hul tweede kind is onlangs gebore. Volgens USMagazine het hulle mekaar op die stel van Green Lantern ontmoet.

BEVERLY HILLS, CA - MARCH 04: Miley Cyrus and Lia
Eva Mendes en Ryan Gosling FOTO Getty Images / Gallo Images

Ryan Gosling en Eva Mendes

Ryan en Eva het in 2011 op die stel van The Place Beyond the Pines verlief geraak. Hoewel hul verhouding in die kollig ontstaan het, is hulle nou as getroudes en ouers van twee kinders baie privaat.


TORONTO, ON - SEPTEMBER 07: Actors Eva Mendes and
Penélope Cruz en Javier Bardem FOTO Getty Images / Gallo Images

Penélope Cruz en Javier Bardem

Die twee het mekaar reeds in 1992 op die stel van die Spaanse fliek Jamón Jamón ontmoet. Maar dit was tydens die verfilming van Vicky Cristina Barcelona in 2008 dat hulle verlief geraak het en in 2010 is hulle getroud.

TORONTO, ON - SEPTEMBER 07: Actors Eva Mendes and
Ashton Kutcher en Mila Kunis FOTO Getty Images / Gallo Images

Ashton Kutcher en Mila Kunis

Dié akteurspaartjie het mekaar destyds op die stel van That ’70s Show ontmoet. Volgens People is dit ook hier waar hulle mekaar die eerste keer gesoen het.

TORONTO, ON - SEPTEMBER 07: Actors Eva Mendes and
Evan Peters en Emma Robers FOTO Getty Images / Gallo Images

Emma Roberts en Evan Peters

Die paartjie, wat sedertdien ook saam in die TV-reeks American Horror Story verskyn het, het mekaar in 2014 op die stel van Adult World ontmoet.