“Ek glo elke vrou het die reg om haar jeug te probeer behou, maar nie deur haarself oordadig te laat verander met behulp van plastiese chirurgie nie,” sê Salma Hayek aan handbag.com. “[Die resultaat van] Te veel plastiese chirurgie is nie noodwendig mooi nie,” gaan sy verder, "Dis plooi-vry, maar dis nie mooi nie." 

Sy erken dat haar borste 10 jaar gelede beter gelyk het as nou, maar dat sy nie daaroor wil kla nie. "Dit is nie te erg nie," vertel sy. 

Gwyneth Paltrow is heeltemal gekant teen sommige vorms van plastiese chirurgie. “Silikoon en botox is pure ydelheid,” vertel sy aan die Duitse OK! Magazine.

Maar sy het ’n ander siening oor haar borste, wat hul vorm verloor het as gevolg van borsvoeding. “Ek sal wel my borste laat lig (boob lift) - hoekom nie?" Sy meen dit is nie verkeerd as hulle na hul oorspronlike toestand herstel word nie, en chirurgie is die enigste manier om dit te doen.

Hoe voel jy oor plastiese chirurgie, en wat sal jy graag wil verander?