Gwyneth het van haar bekende vriendinne genooi om hul klere op haar webtuiste, Goop, te verkoop, skryf Us Weekly.

Dié is nie die eerste keer wat Gwyneth, wat onlangs van Chris Martin geskei is, haar klere op Goop verkoop nie. Toe die webblad verlede jaar ’n artikel oor spasie in jou klerekas geskryf het, het sy ook klere vir drie liefdadigheidsorganisasies verkoop. Só het Gwyneth die uitverkoping op Twitter gedeel:

Gwyneth en Chris se kinders sing op Coldplay se nuwe album

"Dit was so suksesvol dat ons besluit het om dit weer te doen. En om dié jaar te help, het ons sommer ook ’n paar vriende van Goop met uitstaande persoonlike styl gevra om te help," skryf die aktrise op die webblad.

Buiten Beyoncé, Miranda Kerr en Kate Hudson het Gwyneth ook die Franse model Caroline de Maigret en Nicole Richie gevra om hul klere op Goop te verkoop.

Het jy al Nicole Richie se pers hare gesien?

Die aktrise gaan glo al die geld wat ingesamel word uit die verkope van die jaarlikse Goop closet sale aan DonorsChoose skenk. Onderwysers by openbare skole kan dié organisasie direk vra om in hul spesifieke behoeftes in die klaskamer te voorsien.

Kyk hier na alles wat Gwyneth en haar vriendinne verkoop!

BRON: Us Weekly