Ná 'n suksesvol musiekblyspel van Victor Hugo se klassieke 19de eeuse roman, is daar nou ’n fliekweergawe van Les Misérables met Tom Hooper in die regisseurstoel. (Jy sal hom herken as die regisseur van die onlangse suksesvolle The King's Speech.)

Benewens Hathaway, is die res van die akteurs 'n paar gróót name: Amanda Seyfried, Helena Bonham Carter, Hugh Jackman en Russell Crowe.

Die storie handel oor 'n gevangene, Jean Valjean, wat op parool vrygelaat word, maar dan die reëls breek om vir homself 'n nuwe lewe te skep. Dit speel af in Frankryk in die 19de eeu teen die agtergrond van die Julie-revolusie van 1832.

Het jy geweet?
Anne Hathaway het haar hare kortgeknip vir die rol, want daar is 'n toneel waar haar karakter haar hare verkoop.

Amy Adams, Jessica Biel, Marion Cotillard, Kate Winslet en Rebecca Hall is almal óók oorweeg vir die rol van Fantine.

Hathaway se oudisie was glo so goed dat sy die paneel in trane gehad het.