Volgens berigte is Hugh Grant (51) in die wolke oor sy babadogtertjie wat in Oktober gebore is. Hoewel hy en die ma (wie op dié stadium onbekend is) nie meer bymekaar is nie.

'n Bron het aan US Magazine vertel dat Grant 'n wonderlike pa gaan wees, en dat hy gloei oor sy eersteling. "Hoewel hy en die ma nie meer saam is nie, is hy ontsettend bly!"

Grant, wie se paaie al met Elizabeth Hurley en Jemima Kahn gekruis het, was onlangs verbind aan die Sjinese aktrise Tinglan Hong. Maar dit is onbekend of sy die ma van sy babadogter is.

Oor kinders het hy al in die verlede gesê dat dit goed sal wees om vir iemand om te gee, ten spyte daarvan dat hy baie van homself hou. Hy is die peetpa van Elizabeth Hurley se seun, Damian.