Die Suid-Afrikaanse film-regisseur Neill Blomkamp (District 9, Elysium) gaan met sy nuwe fliek weer ’n stukkie van Suid-Afrika inbring.

Neill het bekendheid verwerf met sy wetenskapfiksie-film District 9 wat as Suid-Afrika se "alien-Apartheidsfilm" beskryf is. Dié fliek het so ’n groot indruk op Hollywood gemaak dat menigte groot sterre soos Matt Damon gevra het om saam met Neill te werk. Dít het ook gebeur in sy tweede groot Hollywood-fim, Elysium, waarin Matt die hoofrol vertolk.

Matt Damon kyk op na SA regisseur

En nóg groot name gaan in sy derde Hollywood-vollengte-film speel. Dit is gister bekendgemaak dat die Oscar-benoemde Hugh Jackman in Chappie gaan speel.

Die Antwoord

Dit beteken dat Hugh saam met die Suid-Afrikaanse sanggroep Die Antwoord se Yo-Landi Vi$$er en Ninja gaan werk aan dié rolprent. Sharlto Copley speel ook in Chappie. Die Malawiese Eugene Khumbanyiwa (District 9) wat in Suid-Afrika woon en werk en Brandon Auret (Isidingo se Leon) gaan ook in die fliek speel.

Die Antwoord-sanger se ma oor haar anderste kind

Chappie word vroeg volgende jaar in Johannesburg verfilm. Dit gaan oor ’n robot (Sharlto se stem) wat ontvoer word. As alles vlot verloop word dit op 27 Maart 2015 vrygestel.

Bron: The Hollywood Reporter