Kwêla-aanbieder en ADAM-sanger Hugo Ludik wou nie altyd gesing het nie. Hy het sy droom om krieketspeler te word opsy geskuif - maar hieroor was hy nog nooit spyt nie. Hy gesels met SARIE.com oor sy vergete drome én hoe sy perfekte meisie lyk.

Is daar tyd vir ’n meisie?

"Ek dink dis baie moeilik om in ’n verhouding te wees as jy so besig is soos ek, maar dis nie onmoontlik nie," sê hy. "Jy is min by die huis, jy werk hard, partykeer sê ander vroue snaakse goed vir jou ... jy is die publiek s'n. En dis nie enige meisie wat dit sal aanvaar nie ... Maar as jy die regte persoon kry, sal jy tyd maak."

Hugo het nog nie dié "regte persoon" gekry nie, maar weet presies waarna hy in ’n meisie soek. "Ek weet dit klink cliché, maar ek soek ’n companion met wie ek goeie vriende kan wees en wat ’n goeie sin vir humor het."

Foto's van Hugo en van sy vroulike aanhangers op sy Facebook-blad:

Hugo, die krieketster

"Dis eintlik danksy my krieketloopbaan dat ek by die Universiteit van Stellenbosch studeer het - ek het vir vyf jaar vir Namibië krieket gespeel en ook vir die universiteit." Hugo het darem nie nét krieket gespeel nie, hy het ook tyd gemaak om sy graad in die regte te behaal. Hugo, wie se broer die akteur en sanger Stefan Ludik is, speel al kitaar sedert hy 15 is. "Musiek was eintlik altyd deel van my, maar toe het ek dit op universiteit regtig ontdek," sê Hugo wat saam met sy koshuismaats in ’n serenade-groep gesing het. "Toe ek klaar studeer het, het ek vir my ouers gesê dís wat ek wil doen. Ek was nog nooit spyt oor my besluit nie."

Ek wonder soms 'what if', maar ek is regtig lief vir musiek. My passie daarvoor word elke jaar groter

Hugo in die ateljee FOTO: Facebook Hugo in die ateljee
FOTO: Facebook

"TV is lekker, maar musiek is my passie"

Hugo het verlede jaar een van die kykNET-program, Kwêla, se veldaanbieders geword. Maar met Kwêla wat binnekort van vervaardigers verander, gaan Hugo nie meer op dié gewilde program gesien word nie.

"TV was vir my baie lekker, dit was ’n goeie tyd en ’n ongelooflike ondervinding," vertel hy oor sy tyd by dié program.

Hugo, Kyle Grant en Reynardt Hugo van ADAM FOTO: Instagram (@mista_kg) Hugo, Kyle Grant en Reynardt Hugo van ADAM
FOTO: Instagram (@mista_kg)

Kuier agter-die-skerms saam met Kwêla se Hugo

"Die tydsberekening is ideaal, want ADAM word al hoe meer gewild. Wat beteken dat ek dalk nie met Kwêla sou kon aangaan nie."

Beteken dit die einde van sy TV-loopbaan? "Nee, as iets oor my pad kom, sal ek dit aangryp. Maar nooit voltyds nie, musiek is my eerste passie."

Wat doen Hugo nóg?

  • ADAM wil hul nuutste album in Mei uitreik en neem nou liedjies hiervoor op
  • Dié gewilde groep toer ook deur die land
  • Hugo is die eienaar van Muse Productions wat jong kunstenaars help om liedjies op te neem en musiekvideo's te vervaardig.

Reynardt Hugo, Hugo Ludik en Kyle Grant in die ateljee FOTO: Facebook Reynardt Hugo, Hugo Ludik en die nuwe lid van ADAM, Kyle Grant, in die ateljee
FOTO: Facebook

ADAM se nuwe lid - lees hier meer