Pippie Kruger het in baie van ons se harte ingekruip...

Sy lag, sy glimlag, sy maak kontak en sy't haar grootste geheim verklap: Dit was een van die vreemdste en mees inspirerende oomblikke van my lewe om in dié klein dogtertjie se oë te kyk en God se stem hoor sê: "Ek is 'n geskenk."

Pippie is 'n klein vegter. Sy laat 'n mens dankbaar voel en leer jou van nederigheid en die mooi van die lewe. Sy's mal daaroor as 'n jy haar sag op haar wang soen. Dan glimlag sy. Voor ek haar ontmoet het het ek nie 'n idee gehad waaroor ek sou praat nie. Sy't my geïnspireer.

Die oggend was 'n groot sukses. Ek het my praatjie met 'n gebed afgesluit, een wat my in 'n baie desperate tyd van my lewe gehelp het, toe ek leiding nodig gehad het:

I asked God for strength that I might achieve.
I was made weak that I might learn humbly to obey.
I asked for health that I might do greater things.
I was given infirmity that I might do better things.
I asked for riches that I might be happy.
I was given poverty that I might be wise.
I asked for power that I might have the praise of men.
I was given weakness that I might feel the need of God.
I asked for all things that I might enjoy life.
I was given life that I might enjoy all things.
I got nothing that I asked for, but everything I hoped for.
Almost despite myself, my unspoken prayers were answered.
I am, among all men, most richly blessed.

Lees die volledige blog-inskrywing hier.

*Hykie Berg is te sien in die nuwe Afrikaanse trefferfliek Klein Karoo wat nou by teaters landwyd