Baie beskou hom as 'n knorpot, SA se Simon Cowell, maar Randall Abrahams is 'n gerespekteerde man in die plaaslike musiekbedryf. Daarom is dit geen verrassing dat hy pas as die besturende direkteur van Universal Music Suid-Afrika en Sub-Sahara-Afrika aangewys is nie!
"Ek was gelukkig om in my tyd in die musiekbedryf met baie talentvolle mense saam te werk, en ek't nog altyd probeer om in pas te bly met wat die luisteraars wil hê," het Abrahams gesê. Ek hoop dié twee faktore tel in my guns en ek sien daarna uit om saam met die span van Universal te werk om die beste musiek te vervaardig en nuwe luisteraars te bereik.

Die Burger het ook onlangs berig dat Randall se huwelik met sy vrou, Gabrielle, op die rotse is. “M-Net kan bevestig dat Randall Abrahams en sy vrou al geruime tyd nie meer bymekaar is nie. Hulle is tans besig met ’n formele egskeiding en die papierwerk behoort binnekort afgehandel te wees.” Só het M-Net-woordvoerder Lani Lombard gesê.

Vir meer inligting, klik by die Idols-webtuiste