Koeler weer, warm huiskos...

Dis nou die tyd vir 'n geurige bobotie. Ons bobotie-wenner, Frans Kleingeld (ja, wéér 'n man!), se resep is 'n móét op elke kuiertafel dié herfs.

Ek's 'n groot sportliefhebber en kan nie wag vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie. Daarom het ek tipiese geregte van 8 groot sokkerlande gemaak. Maak die aand waarop die betrokke land speel hul gereg en vang 'n bietjie sokkergees in die kombuis!

Ek kan élke week met hoender kook. Een van my gunsteling-hoendergeregte is op die voorblad - gekrummelde hoender met aartappelwiggies. Daarmee saam hou ek van 'n lekker romerige mayonnaise.

As jy kaaskoek-mal is, het ek daarvoor ook die antwoord: Een basiese kaaskoekresep met allerlei heerlike variasies.

Proe lekker aan ons herfs-uitgawe!

Barbara
Kosredakteur van SARIE KOS

Heel geroosterde hoender met knoffel en suurlemoen Hoender kraai koning
Met dié interessante resepte
sal niemand moeg raak van hoender nie
Basiese kaaskoek Droom-kaaskoeke - 6 x smullekker
Jy't net die basiese resep nodig -
al dié heerlike kaaskoeke is doodmaklik!
Sokker SA - Bunny chow Sokker-kyk-etes
Van 11 Junie gaan áls om sokker draai.
Wat van geregte van oor die wêreld?
Dié weergawes sal die doelhok tref!
Appelstrudel Tuin toe vir teetyd
Voel soos Alice in Wonderland en geniet
die soet lekkertes in die loom herfsweer
Lemoen-en-botterskorsie-sop Soen 'n lemoen
Lemoene hoort nie net as sap in jou glas nie -
die sonnige sitrusgeur is wonderlik in sop,
slaai én by vis
Spaanse frittata Frittata - 'n eier 'n dag
Hoe klink 'n eenpan-eiergereg wat jy enige tyd
van die dag kan voorsit, selfs as 'n peuselhappie?
Heuning-geroosterde knolgroente Goedheid uit die grond
Patat, wortel, beet of radys -
van knolgroente maak jy die allerlekkerste
bykos
Mauritius - paradys van geur en smaak
Dis die perfekte vakansiebestemming:
Eilande oorgroei deur bougainvilleas,
palmbome en suikerriet,
omring deur 'n turkooisblou see
en pragtige wit strande.
En natuurlik die geurigste kos.
SARIE KOS was daar...
Steak-broodjie 6-uur tuis, eet half7
'n Volle 3 weke se smaaklike etes
vir rondhardloop-dae
Pavlova met nektariens gestoof in rooibostee Rooibostee by als
Natuurlik kook 'n mens lekker met wyn,
maar moenie van rooibostee vergeet nie!
Proe die unieke smaak...
Pasta-sous-resepte Dis die sous werd...
Die geheim van proe-nóg-pasta
lê in die sous. Beproef dié resepte
en voel asof jy in Italië rondjakker