Verbeel jou - 'n groen kunstefees wat tred hou met omgewingsbewustheid. Ja, dis die Innibos kunstefees vanaf
1 tot 5 Julie in Nelspruit. Die immergroen kunstenaars soos Johnny Clegg, Chris Chameleon, Steve Hofmeyr en Sandra Prinsloo is almal daar en 'n paar bewaringsprojekte sal bekendgestel word. (Kyk sommer hier wat als op die hoofverhoog sal aangaan). Herwin!
Een van die groot borge, Sappi, sal 'n spesiale herwinningsprojek op die feesterrein huisves vir die sowat 100 000 feesgangers se rommel (glas, blikkies en papier).

Hoogtepunte van Innibos 2009

  • 'n Debuutwerk van Harry Kalmer waarin Tobie Cronjé die hoofrol speel.
  • Die immergroen teaterstuk Taraboemdery, deur Chris Barnard, word vir die eerste keer in 20 jaar opgevoer.
  • SARIE se eie Op die vrou af 2 (met Pedro Kruger and Jolette Odendaal)
  • Samoerai, 'n bekroonde drama geskryf deur Schalk Schoombie
  • Die Naaimasjien (deur Rachelle Greef) met Sandra Prinsloo
  • Bure op die bank met Neels van Jaarsveld and Zane Meas Klik vir die Innibos-feesprogram

Die ligte klassieke-program word in die Laeveld Botaniese tuine aangebied. Hier kan jy na Ladysmith Black Mambazo, die Bala-broers en Zanne Stapelberg kom luister. En behalwe al die teater- en kabaret-optredes gaan van SA se top-kunstenaars op die Standard Bank-verhoog wees. Kurt Darren, Emo Adams, Mango Groove, Eden en Nicholis Louw is maar 'n hand vol van die 40 kunstenaars by Innibos. Daar's natuurlik 'n klomp kos- en kunsstalletjies, en ander oop verhoë wat jou (en die kinders) heeldag sal besig hou. Boeke en kunsproduksies word nie afgeskeep nie. Daar's 'n boeke-ontbyt en die DeKat Boeke-crawl, en 'n hele paar uitstallings deur bekende SA kunstenaars. 'n Hoogtepunt is dié van Bettie Cilliers-Barnard.

Innibos het verlede jaar 100 000 besoekers gehad en daar word gehoop dat die groen bewusmakingsveldtog vanjaar selfs meer mense sal trek.

NB Inligting

www.innibos.co.za
Bel die feeskantoor by 013 741 5294

of klik by Computicket