Luister hier na "So Unreal"

Ná die afsterwe van die gospelsangeres Irene van Wyk byna twee jaar gelede, het Irene-Louise besluit om in haar ma se voetspore te volg.

As klein dogtertjie het sy reeds saam met haar ma op die verhoog verskyn. Sy is ook nog altyd blootgestel aan die musiekbedryf deur pa Louis van Wyk, groot musiekbaas en -promotor. So dit is geen verrassing dat sy ook in dié rigting beweeg nie.

"Ek is besig om nog liedjies te skryf, en ek gaan die album vir my ma, In die middel, later vanjaar opneem."

Oor die liedjie saam met Nianell sê sy: "Die terugvoer wat ek tot dusver oor "So Unreal" gekry het, is oorweldigend. Mense is mal daaroor! Ek dink mense kan daarmee identifiseer omdat byna elkeen al iemand aan die dood afgestaan het.

"Die woorde verduidelik presies hoe ek gevoel het in daardie moeilike tyd. Nou kan mense meer weet as wat in die koerante gestaan het," vertel sy.

"So Unreal" sal eersdaags op die radio te hoor wees.