Hollywood-akteur en regisseur, Kevin Costner, het destyds saam met sy broer, 'n wetenskaplike, tegnologie ontwikkel wat olie en water skei. En die grootste voordeel van hul tegnologie is dat dit nege keer meer olie kan skoonmaak as dié masjinerie wat tans gebruik word. Daarom het oliereus, BP, nou 32 van dié masjiene aangeskaf om met die oplos van dié geweldige ekologiese en ekonomiese krisis in die Mexikaanse Golf te help.

20 April vanjaar was daar 'n ontploffing op 'n BP-olieboor naby die ekologies-sensitiewe kus van Louisiana. Dit was 'n dubbele slag vir BP met die dood van elf werkers en die begin van 'n  konstante olielek wat as die grootste ekologiese ramp in die geskiedenis van Amerika bestempel word. Volgens CNN is daar sowat 162 siekte-voorvalle by die Louisiana Gesondheidsdepartement aangemeld wat met die olielek verband hou.

Wetenskaplikes hou ook hul asems op vir wanneer 'n orkaan dié deel van die Golf sal tref. Vir hulle is dit nét 'n kwessie van tyd...

Kevin Costner gesels met Larry King oor die projek:


 

Bronne: trendhunter.com, CNN